Met die ontwikkeling van die elektroniese media is die toegang tot versameling en verspreiding van inligting baie vergemaklik. Die onderwys moet hieruit voordeel trek deur nuwe maniere te ontwikkel waarop onderwysers en leerders op dinamiese wyse vakgerigte inligting kan verkry.
Direct-Science het ’n nuwe konsep ontwikkel vir wetenskapopleiding wat bestaan uit rekenaargebaseerde lesse. Al die onderwerpe van die skoolsillabus vir chemie en fisika van Graad 10 tot Graad 12 is hierby ingesluit. Die elektroniese lesse is interaktief en betrek die leerder op dinamiese wyse om deur die lesse te werk. Werksboeke word ook verskaf met vrae wat gedurende die deurwerk van die lesse beantwoord moet word. Interaktiewe eksamenvrae en – antwoorde is ook ingesluit en die antwoorde illustreer hoe eksamenvrae beantwoord moet word.